FEBA saai al sedert 1953 in Kambodja uit, en in 2002 is ’n plaaslike tak daar gestig. Sedertdien het FEBA Kambodja in ’n dinamiese bediening ontwikkel wat elke geleentheid aangryp om die Goeie Nuus te deel. Hulle hou uitreike na afgeleë gebiede, waar hulle radio’s en sonkrag-aangedrewe ligte uitdeel terwyl hulle die Lig van die wêreld verkondig. Hulle het onlangs ook ’n mobiele ateljee bekendgestel wat die Goeie Nuus na jongmense reg oor die land sal neem. Bid dat God FEBA Kambodja met kreatiwiteit en energie sal toerus om hul projekte te bestuur en dat hul werk oorvloedig vrug sal dra.