Bid asseblief vir FEBA se nuwe bediening in Oesbekistan, ‘n sekulêre staat met ’n Moslem-meerderheid bevolking. FEBA Oesbekistan deel die evangelie deur middel van video’s op sosiale media en hoewel party mense met beledigings en dreigemente reageer, toon baie opregte belangstelling. Die span sien wonderbaarlike resultate. Bid dat FEBA Oesbekistan se getrouheid en volharding blywende vrug sal dra.