Event Details


In 2025 het FEBC Thailand ‘n Christelike sangkompetisie van stapel gestuur. Een deelnemer het later gesê: “Om op daardie verhoog te wees, het gevoel asof ek my lewe aan God teruggee. Ek was ‘n ‘vermiste legkaartstuk’ wat uiteindelik ’n tuiste in God gevind het.” Bid dat vanjaar se kompetisie ook deelnemers nader aan die Here sal bring.