“Ek was ’n Moslem en het soos een gebid, maar vandat ek na RACE FM begin luister het, het ek my tot die Christendom bekeer te danke aan die pastoor se preke in Gabri, my moedertaal.” Prys God vir elke luisteraar in Tsjad wat die evangelie nou in hul eie taal kan hoor deur FEBA Tsjad se uitsendings.