In Japan is Januarie ’n maand vol feeste – meestal om Sjinto-tradisies te eer. Hoewel Sjintoïsme diep verweef is in Japannese kultuur, is jongmense toenemend oop vir die evangelie. Bid dat FEBA Japan die wysheid sal ontvang om elke geleentheid vir evangelisasie raak te sien, asook die krag om dit te benut.