Event Details


Prys God dat Hy Christus uit die dood uit opgewek het en daardeur vir ons ’n onwrikbare basis vir ons geloof gegee het. FEBA verkondig hierdie Goeie Nuus in meer as 50 lande deur middel van radio en digitale media. Bid vir die personeel, van wie baie in moeilike professionele of persoonlike omstandighede werk, dat hulle deur die lewenstorms hul oë op Christus sal hou. Bid ook vir die luisteraars, veral dié wat nog nie die evangelie aanvaar het nie, dat hulle harte sal oopgaan vir die opgestane Christus.