Event Details


Sommige mense deel die Goeie Nuus ten koste van hulself. ‘n FEBA Bangladesj-luisteraar vertel: “Ek het onlangs 24 mense na jul luisteraar-byeenkoms gebring en 13 van hulle het Christus aanvaar. Die ander veroorsaak egter probleme. Hulle versprei gerugte oor my. Nou sê plaaslike leiers ek kan nie meer deel wees van die gemeenskap nie.” Bangladesj is meer as 90% Moslem, met 278 onbereikte mensegroepe. Bid dat God mense se harte sal oopmaak teenoor FEBA Bangladesj se uitsendings en dat Hy luisteraars wat verstoot word weens hul geloof, sal vertroos en beskerm.