Die Rohingya-mense word beskou as die mees vervolgde etniese minderheidsgroep ter wêreld. Alhoewel hulle in Mianmar woon, is hulle tegnies “staatloos”. Meeste Rohingyas is Moslems en hulle is dikwels die teikens van gewelddadige aanvalle. Bid dat die Rohingyas hul harte sal oopmaak vir FEBA Mianmar se pogings om hulle te bereik, sodat hulle ’n tuiste in Christus kan vind.