Die oorlog in Oekraïne het duisternis meegebring wat slegs deur die evangelie verdryf kan word. Mense verloor geliefdes, hulle moet hul huise agterlaat en leef daagliks in vrees vir aanvalle. Bid dat hulle FEBC Oekraïne se boodskap sal hoor en na die Here sal draai. Bid ook dat die evangelie op die lug sal bly totdat almal gehoor het.