Event Details


Het jy geweet? Japan word soms ‘n “sendeling begraafplaas” genoem omdat dit so moeilik is om die evangelie daar te versprei. Boeddhisme en Shintoïsme is so verweef in die samelewing dat dit deel van die kultuur geword het. Maar God is ’n God van hoop, so FEBA Japan het dié maand drie nuwe programme begin uitsaai en ondersoek maniere om die internet meer optimaal te benut. Bid dat God die FEBA Japan-span met kreatiwiteit sal seën en baie luisteraars op hul programme sal laat inskakel.