‘n Nuwe dienspligwet in Mianmar maak militêre diens verpligtend vir mans tussen die ouderdomme 18 en 35, en vroue tussen die ouderdomme 18 en 27. Dit beteken dat sommige mense vir hul onderdrukkers moet veg. Jong Christene het veral te kampe met ’n etiese dilemma, want hulle moet geweld pleeg teen hul medemens. In Mianmar word daar neergekyk op Christenskap, daarom teiken burgermagte gedurig gemeenskappe van gelowiges om hulle hul geloof te laat opsê. Bid dat God FEBA Mianmar sal gebruik om gelowiges te bemoedig, om meer mense tot bekering te bring, en om hulle vrede te gee.