Bid asseblief vir die gelowiges in die noorde van Mosambiek. Van die begin van Oktober af het die geweld toegeneem en dosyne Christene se lewens geëis, van wie sommige in die dorp woon waar FEBA se radiostasie is. Bid dat FEBA se personeel en luisteraars sterk sal staan in die geloof en dat die vrede van God in Christus oor hulle harte sal waak.