Event Details


FEBA Radio SA ondersteun verskeie radiostasies in Tsjad, Malawi, Mali, Mosambiek en Niger. Hulle werk tans daaraan om ’n stasie in Soedan te open. Die Suid-Afrikaanse span help Afrika-stasies met fondse, lisensies, toerusting en uitreikmateriaal. Bid dat dr Jurie Vermeulen, FEBA Radio SA se nasionale direkteur, en sy span hierdie jaar goeie gesondheid sal geniet, dat die Here die pad sal oopmaak om nuwe stasies te begin, en dat Hy hulle deur die uitdagings in hul bediening sal lei.