Vandag vier ons Menseregtedag in Suid-Afrika, so kom ons bid vir al die FEBA-luisteraars wêreldwyd wat nie dieselfde vryheid as ons geniet nie. Armoede, diktatorskap, godsdienstige vervolging en huishoudelike mishandeling beperk alles mense se toegang tot God se Woord. Bid dat FEBA se uitsendings vir dié luisteraars ’n dieper begrip van God se liefde vir hulle sal gee.