Event Details


Terwyl ons vandag Gesinsdag in Suid-Afrika vier, laat ons bid vir gesinne in Moldowa, Oekraïne en Rusland wat uitmekaar geskeur is deur geweld, verwaarlosing of alkoholmisbruik. FEBA saai in al drie lande uit – programme oor Bybelse waardes vir gesinne, huwelik, ouerskap en verslawing. Bid dat God gesinne en huwelike deur FEBA se programme sal genees.