Event Details


Bid vir FEBA Thailand. Ongeveer 95% van Thailand se bevolking is Boeddhiste en ’n verdere 4% is Moslems. Bid dat God vir die FEBA Thailand-span die nodige moed en wysheid sal gee om programme te vervaardig wat mense se siening van Christenskap sal verander en hulle na Christus sal bring.