Om ’n Christen te wees in ’n land wat oorwegend Moslem is, kan eensaam wees. FEBA Niger werk hard om die Goeie Nuus met luisteraars te deel en om gelowiges, veral jongmense, te bemoedig. Bid dat FEBA Niger se uitsendings ’n gemeenskapsgevoel onder luisteraars sal kweek en nie-gelowiges na God se Woord toe sal aantrek.