Event Details


Suid-Korea beleef ‘n ernstige krisis wat geestesgesondheid betref en het een van die hoogste selfdoodsyfers ter wêreld. Stygende lewenskoste en die voortslepende spanning met Noord-Korea dra by tot die las. FEBC Korea saai uit op 13 radiostasies en 14 herhalerstasies, en hou luisteraars geselskap met bemoediging wat in die evangelie gewortel is. Die programme lei nie-gelowiges na Christus en spoor ook louwarm Christene aan om ernstig te raak oor hul geloof. Bid dat FEBC Korea se evangeliese uitsendings die Lig na donker gedagtes sal bring en verlore skape na hul Herder sal lei.