Event Details


Na verskeie bende-aanvalle op Christene in Pakistan gedurende 2023, soek selfs Moslem godsdienstige leiers ‘n einde aan diskriminasie op grond van geloof. Bid dat die vervolging van Christene in Pakistan sal ophou. Bid ook dat FEBA Pakistan meer en meer luisteraars reg deur die land sal bereik, sodat hulle God se genade kan beleef.