Bid vir die jongmense in Eurasië wat aktief soek na die waarheid. Sendingorganisasies reg oor die wêreld het opgemerk dat jongmense uitsonderlik ontvanklik is vir die evangelie – selfs in Moslem-meerderheid lande waar Christen-wees ’n groot risiko meebring. FEBA belê baie in hul jeugbediening en die reaksie is verstommend. Bid vir FEBA se jeugbedieningspanne in Rusland, Oekraïne, Moldowa, Kazakstan, Kirgisië, Oezbekistan, Tajikistan en Turkmenistan. Bid vir hul veiligheid, vir inspirasie en moed, en vra dat hul programme (lewens)verandering onder Eurasië se jeug sal bring.