Event Details


Die konstruksie van FEBA Soedan se radiostasie in die Nuba-berge is goed op koers, maar daar lê nog baie werk voor! Die gebied het bitter min infrastruktuur, swak paaie, geen elektrisiteit- of waterinfrastruktuur nie, en swak selfoonopvangs. Die omliggende gemeenskap is die radiostasie egter baie goedgesind. Bid dat die gebou veilig voltooi sal word, dat die regte personeel gestuur sal word, en vra vir sterk verhoudings en oop harte. Vra ook vir God se wysheid waar die span oplossings vir elke hindernis soek.