Event Details


21 September is die VN se Internasionale Dag van Vrede, wat steeds ’n skaars artikel is in baie dele waar FEBA werk. Soldate op die front, burgerlikes wie se lewens deur gewelddadige konflik versuur word, en vlugtelinge van oorloggeteisterde lande het al vertroosting en hoop gevind in die Goeie Nuus wat FEBA uitsaai. Bid vir ’n einde aan die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, die jihadiste-invalle in Mali en Mosambiek, en die onrus in Mianmar en Jemen. Bid ook vir al die FEBA-personeel en -luisteraars wat daagliks oorlog in die gesig moet staar terwyl hulle na vrede smag.