Bid asseblief vir FEBA Rusland. Terwyl die oorlog voortduur, word mense blootgestel aan propaganda wat, volgens ‘n FEBA personeellid, “erger is as in Sowjet-tye.” Baie wat die oorlog kritiseer word onderdruk of in hegtenis geneem. Bid dat FEBA Rusland ongehinderd sal aanhou uitsaai en luisteraars na die Weg, die Waarheid en die Lewe sal lei.