Na raming word tussen 50 000 en 70 000 Christene in Noord-Koreaanse gevangeniskampe aangehou. Die land is bo-aan Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van die slegste plekke om ’n Christen te wees, en tog volhard die ondergrondse kerk. FEBA Korea saai die Goeie Nuus vir 18 ure per dag na Noord-Korea toe uit, met programme wat vervaardig en aangebied word deur Noord-Koreaanse oorlopers. Bid dat die kerk in Noord-Korea sal floreer en dat FEBA Korea se uitsendings luisteraars sal help om in die geloof te volhard.