Soos God belowe het, het Hy die Heilige Gees gestuur as Helper, Raadsman en Trooster van gelowiges. FEBA se bediening sou nutteloos wees sonder die Heilige Gees se werk, wat mense in staat stel om die evangelie te hoor en te verstaan. Prys God dat Hy die Gees van waarheid gegee het om ons te help bid. Bid dat Hy in luisteraars se harte sal werk waar hulle ookal vandag ’n FEBA-uitsending hoor en hulle sal aanspoor om oor te gee aan Christus.