Event Details


FEBA deel al vir dekades die Goeie Nuus met die Yao-mense in Malawi, Mosambiek en Tanzanië. Vandag is daar duisende luisteraarklubs, elk met 10 tot 50 lede, wat bymekaarkom om na FEBA Malawi en FEBA Mosambiek se uitsendings te luister en dan die Goeie Nuus met hul familie en vriende te deel. Duisende Yao Moslems het al tot bekering gekom. Bid dat God FEBA Malawi en FEBA Mosambiek sal gebruik om Sy Koninkryk onder die Yao nog verder uit te brei.