Tsjetsjnië is ‘n outonome republiek in die Russiese Federasie, met ’n bevolking van sowat 1.5 miljoen mense. Hoewel ’n klein minderheid (meestal Russe of Georgiërs) Christene is, is etniese Tsjetsjniërs gewoonlik Moslem en bekering tot Christenskap bring verskriklike gevolge mee. Christene is huiwerig om hul getuienisse te deel, selfs anoniem, wat evangelisasie besonder moeilik maak. Bid dat ‘n deur vir FEBC Rusland sal oopgaan om die evangelie met die Tsjetsjniërs te deel en dat die evangelie Tsjetsjnië sal verander.