Event Details


FEBA bedien vlugtelinge reg oor die wêreld.In Moldowa help die span vlugtelinge uit die Oekraïne; in Indonesië werk Radio PARSonder Iranese vlugtelinge; en Pakistan het al meer as 1,4 miljoen vlugtelinge uitAfghanistan. Vlugtelinge word dikwels na die rand van die samelewing verstoot,sonder ‘n tuiste of inkomste. FEBA-spanne deel kos en ander benodigdhede uit,tesame met radio’s en Bybels in die vlugtelinge se moedertaal, indien moontlik. Biddat FEBA die vlugtelinge sal help om ‘n tuiste in Christus te vind.