Event Details


Die Bybel beklemtoon die belangrikheid daarvan om kinders van jongs af te leer van God se Woord. Jongmense het deesdae met baie te kampe en voel dikwels alleen en verlore. FEBA saai programme uit wat kleintjies van die Bybel leer en skep sosiale media-inhoud wat tienerkwessies soos groepsdruk, liggaamsbeeld en verhoudings vanuit ’n bybelse perspektief bespreek. Prys God vir elke kind en bid dat Hy FEBA sal gebruik om kinders en tieners op die regte pad te lei.