FEBA Indonesië het onlangs opleiding gedoen met ’n groep jong gelowiges in ’n gebied waar Sharia-wetgewing van krag is. Die opleiding was om jong Christene toe te rus met evangelisasiebeginsels en kommunikasietegnieke, en om hulle te bemoedig om hul geloof in moeilike omstandighede te behou. Bid dat hierdie jong gelowiges baie ander na Christus sal lei.