Event Details


FEBA se tegniese spanne reis wyd en syd oor die wêreld om spanne by te staan met die opstel van nuwe toerusting en opgradering van hul infrastruktuur. Die werk vereis lang ure, dikwels in slegte weer en op rowwe terrein. Bid dat God FEBA se ingenieurs en tegnici op hul reise sal bewaar en die wysheid sal gee om probleme wat opduik, op te los.