Event Details


Volgens die Joshua Project bestaan sowat 42% (ongeveer 3 miljard mense) van die wêreldbevolking uit onbereikte mensegroepe. Reg oor die wêreld werk FEBA dag en nag, te midde oorlog, natuurrampe, politieke onrus, en ekonomiese uitdagings om hierdie mense te bereik. Bid vir die spanne: dat God hulle die moed sal gee om nuwe uitdagings aan te pak en wysheid om hindernisse te oorkom. Bid vir die FEBA-leiers: dat hulle God se wil sal doen en Sy stem te alle tye sal gehoorsaam. Bid dat FEBA se personeel en luisteraars God se liefde in oorvloed sal ervaar en dit met ander sal deel.