FEBA Rusland se gebedsevangeliste praat daagliks met mense wat getraumatiseerd, ontnugter en in rou is. Dié mense kontak FEBA vir hulp wat hulle nêrens anders kan vind nie. Die werk kan belonend, maar ook dreinerend wees. Bid dat FEBA Rusland se gebedsevangeliste met God se krag en Gees gevul sal wees, sodat hulle nooit sal moeg word om goed te doen nie.