Event Details


In Februarie is een van FEBA se aanbieders in ’n vyandige streek in Suidoos-Asië weens sy geloof vermoor. Reg oor die wêreld ervaar vervolgde gelowiges nie net fisiese gevaar nie, maar ook afsondering en eensaamheid. Baie kan nie met medegelowiges vergader of hulle geloof in die openbaar deel nie. Vir diesulkes kan ’n stem op die radio ’n metgesel word. FEBA se sosiale mediakanale bied ’n geleentheid om in veiligheid met medegelowiges te kommunikeer. Bid dat God FEBA se vervolgde personeel en luisteraars in hul geloof en hoop sal versterk.