Event Details


Ongeletterdheid is ‘n groot probleem in Afrika. Tussen 60 en 70% van mense ouer as 15 in Niger, Mali en Tsjad is ongeletterd, wat gedrukte Bybels vir hulle ontoeganklik maak. Gelukkig is ongeletterdheid geen struikelblok vir radio nie en miljoene het hul lewens al aan Christus gegee sonder om ’n woord te lees. Oudio-Bybels voorsien ook God se Woord, met gepaardgaande lesse wat die teks verduidelik. Prys God dat Hy Sy Woord, deur radio, aan ongeletterde mense beskikbaar stel, en bid vir Sy voortdurende seën op FEBA se bediening in Afrika.