Event Details


Op 20 Februarie duur die Russies-Oekraïnse oorlog reeds tien jaar. Duisende het tot dusver hul lewens, geliefdes en tuistes verloor. FEBA Oekraïne en FEBA Rusland werk nog al die tyd hard daaraan om hul mense onder hierdie moeilike omstandighede te bedien – daar is ‘n beradingslyn, die span bid saam met luisteraars op regstreekse uitsendings en pos bemoedigende boodskappe op sosiale media. FEBA Oekraïne stuur ook radio’s en boekies na die front, waar van hul spanlede as soldate of kapelane dien. Bid dat God FEBA Oekraïne en FEBA Rusland sal versterk en beskerm, sodat hulle kan aanhou om Sy liefde te verkondig totdat die oorlog eindig.