Event Details


FEBA Internasionaal bedryf die Gaweylon (“Goeie Nuus”) projek, wat die Goeie Nuus deel met Tibetane in Tibet, sowel as met dié wat in Bhoetan, Indië en Nepal woon. Die FEBA Tibet-span saai radioprogramme in die Tibetaanse taal uit en deel lektuur uit op straat. Bid dat FEBA Tibet se pogings hul luisteraars se harte sal bereik.