Hoewel Christene in die minderheid in Mianmar is, staan baie van hulle sterk in hulle geloof en luister na FEBA se kortgolfuitsendings. FEBA werk tans aan programme in twee nuwe tale vir luisteraars in Mianmar. Bid vir God se leiding soos wat die span hierdie programme vervaardig en bid dat Hy luisteraars se harte vir die evangelie sal voorberei.