FEBC Indonesië se Radio PARS reik uit na Farsi-sprekende vlugtelinge deur Stem van ‘n Vlugteling, ’n weeklikse potgooi van twee ure deur vlugtelinge vervaardig. Die program deel die evangelie en gee ’n Bybelse perspektief op vlugtelinge se unieke uitdagings, veral dié in Indonesië. Bid dat luisteraars geïnspireer sal word om hul geloof uit te leef waar hulle ookal is.