Event Details


In Niger ontvang FEBA-luisteraars dikwels teenstand nadat hulle tot bekering kom. Hamma, wie se hele familie Moslem is, was diep geraak toe hy FEBA Niger se program in Gourmanchema, sy moedertaal, gehoor het. Na die tyd het hy die omroeper gekontak. “Hy het my gehelp om my lewe vir Jesus te gee. Van toe af het my lewe verander. Maar ek benodig gebed, want dinge tussen my en my familie het moeilik geraak.” Bid dat luisteraars soos Hamma in geloof sal groei en hul families na Christus sal lei.