FEBA Tsjad verkonding die Goeie Nuus getrou in N’Djamena se omgewing en luisteraars is gretig om aan die gebedsprogram deel te neem. Meeste versoeke gaan oor gebed vir werk. Hoewel Tsjad een van die laagste werkloosheidsyfers in Afrika het, is dit een van die mins-ontwikkelde lande ter wêreld en die gemiddelde inkomste is baie laag. Bid dat FEBA Tsjad luisteraars sal help om God se koninkryk te soek en hul geloof in Hom sal plaas om in hul behoeftes te voorsien.