Event Details


Prys God vir die geleentheid om die evangelie in Pakistan te deel. FEBA Pakistan vervaardig inhoud vir verskeie aanlynplatforms, saai uit op FM- en AM-stasies, en hou byeenkomste vir dié wat meer oor die Christelike geloof wil leer. Pakistan is sewende op die lys van lande waar Christene dit die moeilikste het. Vervolging is algemeen en gaan soms oor in dodelike geweld. Bid dat die FEBA Pakistan-span veilig sal kan bedien en dat luisteraars hul harte vir die Goeie Nuus sal oopmaak.