Event Details


Niger se bevolking is ongeveer 26 miljoen, waarvan 98% Moslem is. Die land is 28ste op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van lande waar Christene die meeste vervolg word. Om Moslem te wees is sentraal tot Niger se kultuur en diegene wat Christene word, word as verraaiers gestraf. Niger het die hoogste persentasie kinderhuwelike in die wêreld en groot dele van die land ly onder godsdienstige ekstremiste-groepe. FEBA maak ’n radiostasie oop om God se Woord met Niger se mense te deel. Bid dat God FEBA Niger se span en hul werk vanjaar sal seën.