Event Details


Vryheid is ‘n voorreg wat baie gelowiges ontsê word. Regeringsinperkings, sosiale druk en die dreigement van vervolging verhoed hulle om hul geloof openlik uit te leef en te verkondig. Radio- en aanlynuitsendings is ’n reddingstou van bemoediging en verbintenis vir sulke gelowiges. Elke FEBA-span bedien onder mense van hul eie mensegroep sodat hulle die Goeie Nuus kan weergee in verstaanbare terme en kwessies kan bespreek waarmee hulle persoonlik bekend is. Prys God vir media en bid dat FEBA die evangelie sal aanhou deel ten spyte van beperkte vryheid.