FEBC streef daarna om ná aan die luisteraar te bly. Een manier waarop dit gedoen word, is deur programme in luisteraars se moedertale te vervaardig en sodoende die evangelie in die bekendste, mees verstaanbare woorde te deel. Nog ’n manier is deur luisteraars te betrek by regstreekse uitsendings, buite-uitsendings en selfs persoonlike uitreike. Bid dat elke projek en program FEBC ná aan luisteraars sal bring. Bid vir vertalers en omroepers in etniese tale wêreldwyd en vir meer geleenthede om die evangelie met onbereiktes te deel.