FEBA Oezbekistan se bediening dra vrug ten spyte van sterk teenstand. Een omroeper, ’n jong ma wat haar identiteit moet verberg terwyl sy werk, sê: “Ek waag my vryheid en veiligheid vir een rede – ewige vryheid en verlossing vir my luisteraars.” Die oes is ryp in Oezbekistan, maar meer werkers is nodig, en kerke benodig vaardighede om nuwe bekeerlinge te begelei tot sterk gelowiges. Bid vir die span wat jong evangeliste oplei om die evangelie veilig en effektief oor sosiale media te verkondig en kerke toe te rus om dissipels te maak.