Event Details


FEBA saai al van 1991 af programme uit na Yao-luisteraars. Wat begin het as 15-minuut kortgolfradio-programme, het gegroei tot ’n mediabediening met kortgolfradio, agt FM-stasies in Malawi en Mosambiek, en ’n groot aanlyngehoor. Die Yao is geneig om vyandig teenoor Christene te wees, maar die saadjies wat die afgelope 30 jaar deur radio geplant is, dra goeie vrug. Bid dat Yao-gemeenskappe in Malawi, Mosambiek en Tanzanië FEBA se spanne sal verwelkom en ontvanklik vir die evangelie sal wees.