Event Details


Die suide van Malawi beleef tans droogte en staar moontlik verminderde oeste in die gesig. Tog bly FEBA Malawi se oes oorvloedig: Litala FM kry elke maand talle nuwe luisteraars by, terwyl ’n menigte luisteraarklubs gevestig word in Yao Moslem-dorpe in Mosambiek, Malawi en Tanzanië. Prys God vir Sy seën op FEBA Malawi. Bid dat Hy verligting van die droogte sal gee en kos sal voorsien, en dat meer mense sal inskakel op Litala FM, om meer oor die God van liefde en wonderwerke te leer.