Event Details


Bid vir FEBA China se Radio Liangyou. Sedert die eerste uitsending in 1948 het dié radiostasie al miljoene lewens aangeraak en sy trefkrag kring steeds uit. Die Liangyou Theological Seminary lei ook mense op om as pastore en lekepredikers te dien. Bid dat FEBA China se luisteraarstal sal aanhou toeneem en dat die Goeie Nuus mense se lewens sal verander.