Event Details


FEBA Kirgisië se radiostasie is onlangs aangewys as een van die top 15 stasies in Osh, die land se suidelike hoofstad. As die enigste Christelike stasie tussen die oorwegend Moslem deelnemers, was dit ‘n groot eer! FEBA Kirgisië saai die Goeie Nuus getrou uit aan luisteraars in stedelike en landelike, selfs afgeleë, gebiede. Kirgisië het tans baie probleem-huwelike, en mans en vrouens kontak FEBA gereeld vir leiding. Bid dat God huwelike sal herstel en gesinne sal genees deur FEBA Kirgisië se uitsendings.